RSG Geldsake is die grootste sakeprogram in Suid-Afrika. Dit fokus op die belangrikste sakenuus, menings en beleggingsinsigte. Ryk van Niekerk bied die program aan.
Bernard Van Wyk, hoof van navorsing en fondsbestuur by Kruger Internasionaal en Christiaan Wessels, gesertifiseerde finansiële beplanner by Futurum Financial Group (FFG) beantwoord die vrae wat luisteraars se sakke raak.
Professor Hugo Pienaar, direkteur van arbeidsreg by Cliffe Dekker Hofmeyr (CDH) gesels oor die gaping in vergoeding van uitvoerende hoofde en laags besoldigde werknemers.
Bernard Van Wyk, hoof van navorsing en fondsbestuur by Kruger Internasionaal gesels oor die rentekoersbesluit wat aanstaande week aangekondig word, die goudprys, en Barloworld se aandeelprys.
Lucinde Rhoodie direkteur van dispuutresolusie by Cliffe Dekker Hofmeyr gesels oor haar agtergrond, loopbaan, die industrie waarin sy is, en wat sy doen om te ontspan.
Die myngroep Sibanye-Stillwater het vandag winssyfers vir sy boekjaar tot einde Junie aangekondig, die finansiële hoof Charl Keyter gesels oor die resultate.